|
THATCHBOR
Micon Thatchbor FR is 'n enkel behandeling produk vir potensiele grasdak eienaars wat beide biologiese teenverwering asook brandbeskerming verlang.
Micon Thatchbor FR is 'n dubbele water basis chemikalië met beide brand vertraging en biologiese teen-verwerings ellemente. Boraat samestellings vir biologiese bewaring is weier aanvaarbaar by internasionale omgewings bewarings groepe. Alternatiewerlik is "borate" algemeen bekend as 'n gewilde brandvertrager. As gevolg van die uitstekende vermenging van bogenoemde betandele word bogemiddelde resultate verkry.
Micon Thatchbor FR is 'n enkel toedienings produk wat regdeur die grasdak dring vir volle beskerming. Thatchbor se behandelings proses is uniek. Die natuurlike waslaag op gras verhoed dat chemikalië reg deur die gras dring. Die chemiese samestelling van Thatchbor FR is van so 'n aard dat dit reg deur die waslaag en die gras dring om sodoende 100% volle behandeling teweeg te bring.
Die produk gee dus 'n perfekte beskerming vir grasdakke. Die produk word goedgekeur en gereeld gemonitor volgens die SABS en WNNR se spesifikasies vir goeie grasdekking.
[Terug na Brandtraag Behandeling][Begin van Blad]
THATCHSAYF
Micon Thatchsayf is 'n omgewings vriendelike, veilige en effektiewe brandtraag laag vir grasdakke. Indien dit aan hitte bloot gestel word, vorm dit 'n beskermlaag wat suurstof vloei op die oppervalk belemmer en dan sodoende die temperatuur van die deklaag baie verminder.
Micon Thatchsayf is 'n water-basis oplossing met 'n brandtraag middel en chemikalië in 'n enkele vloeistof verbinding, geformuleer vir grasdak beskerming. Dié kombinasie verskaf dubbele beskerming met die brandtraag chemikalië wat die grashalms binne dring, en die chemikalië wat 'n beskermde laag vorm op die grashalm oppervlak.
Micon Thatchsayf verander glad nie die gras se natuurlike voorkoms nie, maar bevorder tog die grasdak se kompaktheid sonder om die vermoë om asem te haal te belemmer. Thatchsayf vertraag ook bakteriële en swam groei. Om water opname tot die minimum te beperk, moet die dak se helling 45 grade wees.
Die Basiese bestanddele van Thatchsayf bestaan uit misstof tipe chemikalië, nl fosfate en stikstof verbindings en is dus baie omgewings vriendelik. 'n Hoë konsentraat mag dalk vorm in die afloop water van die eerste reën. Afhangende van die hoeveeldeid reën kan dit beskadiging van die plantegroei in die afloop area veroorsaak.
[Terug na Brandtraag Behandeling]
|